Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
WHELAN, Debbie. Water, settlement and food provision in Natal Colony: The Winterton Irrigation Settlement, 1902-1904. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.42-64. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-a392/2019/v64n1a3.
In die voormalige Natalkolonie het besproeiingsnedersettings 'n noodsaaklike rol in die geskiedenis van infrastruktuur gespeel. Die spesifieke sosiopolitiese impetus vir Projekte in die laat-negentiende eeu het verskuif na 'n meer ekonomiese strategie na afloop van die Suid-Afrikaanse Oorlog. Die Tugela-besproeiingskemas is amptelik beoog as 'n langtermyn belegging in voedselsekerheid en om gewasproduksie te diversifiseer: die Hoer Tugela Besproeiingskema te Winterton; en die Laer Tugela Besproeiingskeme by Muden is ná 1902 beplan. Beide het beoog om klein plase, onder besproeiing, vir 'n nuwe klas boer te vestig. Lae- tot middelinkomste wit boere by Winterton en swart boere by Muden. Hierdie artikel ontgin die koppelvlak tussen die sosiale en die fisiese ten einde die Winterton Besproeiingsnedersetting te bespreek; dit kontekstualiseer die omgewings- en sosiale kwessies wat voedselproduksie in die 1890's geraak het. Dit word ingelei deur 'n bespreking van die skematiese meestersplan vir die nedersetting wat die identifisering van grond, die fisiese bou van infrastruktuur, en die opname van erwe bepaal het. Daarna word die sosiale ontwikkeling wat die toekenning van grond beïnvloed het, bespreek. Laastens word kommentaar gelewer op die onsigbare rol van waterslote as deurlopende infrastruktuur wat sosiale volhoubaarheid onderlê.
Palabras clave : Watergeskiedenis; Winterton; besproeiing; ingenieurswerke; sosiale volhoubaarheid; voedselsekerheid.