SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

DU BRUYN, D.  y  OELOFSE, M.. "A hygienic Native township shall be developed": The founding and development of Batho as Bloemfontein's "model location" (c. 1918-1939). Historia [online]. 2019, vol.64, n.2, pp.47-81. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n2a3.

In 2018 het Batho, Bloemfontein se oudste bestaande histories-swart township of "lokasie", sy eeufees gevier. Hierdie "modellokasie" is in 1918 deur die munisipaliteit van Bloemfontein gestig nadat besluit is om die ou Waaihoek-lokasie te sloop. Die modellokasie-ideologie, wat deels uit die tyd van die "model republiek" Oranje-Vrystaat van die laat 1800's dateer, moet binne die konteks van die diskriminerende segregasionistiese beleide van die 1920's en 1930's beskou word. Die hoofredes vir Batho se stigting en Waaihoek se sloping was: i) bevooroordeelde en vertroebelde rasseverhoudinge en rassehoudinge; ii) Waaihoek se nabyheid aan wit Bloemfontein; iii) die groeiende verstedeliking van swart en bruin mense; iv) die Spaanse griepepidemie; en v) die bou van 'n nuwe kragstasie vir Bloemfontein. Batho het nasionaal as 'n modellokasie bekend geword en as 'n voorbeeld vir ander lokasies gedien, deels vanweë die munisipaliteit se unieke behuisingskema, naamlik die Bloemfontein-sisteem. Die modellokasie-ideologie het Batho se algemene uitleg, grootte van individuele standplase, voorsiening van openbare geriewe, behoorlike finansiële administrasie en beperkte deelnemende bestuur in die vorm van adviesrade, beïnvloed. Die hoofargument is dat die munisipaliteit se ideaal van 'n modellokasie nie bloot 'n teoretiese en ideologiese konstruk was nie, maar ook in die praktyk gerealiseer het.

Palabras clave : Baaho; Bloemfontein; Waaihoek; lokasie; "modellokasie"; Bloemfontein-sisteem; standplaas-grootte.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons