SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1Struggles for African independent education and land rights on the Rand and the significance of the Tsewu court case, 1903-1905: A new analysisCannabis policing in mid-twentieth century South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Historia

    versión On-line ISSN 2309-8392versión impresa ISSN 0018-229X

    Resumen

    ROMMELSPACHER, Amy. Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945. Historia [online]. 2020, vol.65, n.1, pp.38-60. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2020/v65n1a3.

    In die bladsye van Die Huisvrou, 'n Suid-Afrikaanse tydskrif wat een van die eerste tydskrifte vir Afrikaanse vroue was, lê daar vreemde resepte, voedingswenke en verwagtinge oor die verhouding tussen vroue en kos. 'n Ondersoek van die tydskrif bewys dat daar 'n verwagting was dat kos 'n baie belangrike rol moes speel in die lewens van huisvrouens. Hierdie resepte en artikels gee 'n blik op wat tussen 1922 en 1945 as "voedsaame" kos beskou was, asook die deel wat voedselverwante aktiwiteite in vroue se alledaagse lewens sou hê. Die inhoud van Die Huisvrou onthul die idee dat vroue die gesondheid van hul gesin met hul kookkuns kon bepaal. Dit was van vrouens verwag om voedsel te gebruik om die gesondheid van hul gesin, en verder, "die nasie", te verseker. Die tydskrif gee ook inligting oor hoe vroue dié ideaal kon bereik.

    Palabras clave : Vroue; voeding; kookkuns; huishouding; Afrikaanse huisvrouens; tydskrifte.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )