SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BREDENKAMP, Francois. Enkele filologiese opmerkings oor die oorlewering, aard en inslag van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.2, pp.204-216. ISSN 2224-7912.

Na aanleiding van die onlangse verskyning (2007) van die skrywer se (literêre) vertaling van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies in Afrikaans, lewer hierdie artikel 'n oorsig van 'n aantal filologiese aspekte van die werk, veral ten behoewe van lesers van die vertaling. Aandag word gegee aan die vasstelbare herkoms van die teks, die oorlewering daarvan, die literêre aard en genre van die werk, asook die "innerlike werking" daarvan in 'n poging om die leser by te staan in sy eie verstaan en interpretasie van die Meditasies. In ooreenstemming met die interpretasie van Pierre Hadot, word die Meditasies hier geïdentifiseer en getipeer as Stoïsynse geestelike oefeninge wat ontwerp is om die innerlike diskoers van die beoefenaars daarvan op 'n gestruktureerde wyse te transformeer. Marcus se meditasies word hierin eerder gekarakteriseer as "vrye meditasies" as herhalende en onbuigsame "vraag-en-antwoord"-sessies (Robert Newman). Voorop in Marcus se gedagtes staan altyddeur sy eie waargenome naderende dood. Die voorrang wat Marcus aan sy eie pyn en lyding verleen, betuig 'n nuwe, tweede eeus-geskape kulturele uitdrukkingsvorm vir die subjektiwiteit van die menslike persona, asook Marcus se volledige bekering tot die Stoïsisme (Judith Perkins).

Palabras clave : Marcus Aurelius; Meditasies; Antieke Filosofie; Stoïsisme; Laat Stoa; Teksoorlewering van die Meditasies; Genre van Meditasies; askese; dood; ontwikkeling; persona.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons