SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    SCHOLTZ, Leopold  y  SCHOLTZ, Ingrid. Die debat oor die posisie van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch: 'n Ontleding. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.292-313. ISSN 2224-7912.

    Die debat oor die plek van Afrikaans en Engels as onderrigmedium aan die Universiteit Stellenbosch het sedert sy begin in 2002 nie baie duidelikheid verskaf nie. In dié artikel word 'n poging aangewend om die debat te analiseer en vas te stel waar en waarom die opponente verskil. Om dinge kort te hou is drie verteenwoordigers van albei kante - die sogenaamde A-opsioniste en die T-opsioniste -vergelyk. Die eerste groep meen dat dubbelmedium noodwendig lei tot die verdwyning van die swakker taal, in dié geval Afrikaans; dat die Universiteit in werklikheid nie eens die minimum voorwaardes vir die T-opsie nakom nie; dat die dubbelmediumprojek ideologies gedrewe is; en dat dit die belange van die arm gekleurde Afrikaanssprekende studente verwaarloos. Die T-opsioniste is van mening dat 'n universiteit se taak nie is om 'n taal te beskerm nie, maar om akademiese uitnemendheid te bevorder; dat eentalige Afrikaanse onderrig die Universiteit op die glybaan na parogialisme en isolasie plaas; dat 'n multikulturele benadering beter is as kulturele apartheid; en dat die beweging na Engels noodsaaklik is vir transformasie. Die argumente word dan geweeg, en die slotsom is dat waar die A-opsioniste hul argumente hoofsaaklik op akademiese en pedagogiese gronde baseer, die T-opsioniste se benadering veral ideologies is. Daar word ook bevind dat die T-opsie op Stellenbosch sodanig toegepas word dat die eindproduk waarskynlik eerder 'n eentalige Engelse Stellenbosch is.

    Palabras clave : Taalbeleid; Afrikaans; Universiteit van Stellenbosch.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )