SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

NEETHLING, Johann. Vryheid van (media-) spraak en die beskerming van persoonlikheidsregte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.43-61. ISSN 2224-7912.

Die reg op vryheid van spraak of uitdrukking van die pers en ander media en die persoonlikheidsregte op die goeie naam, die eer, die privaatheid en die identiteit geniet sowel gemeenregtelike as grondwetlike erkenning en beskerming. Omdat eersgenoemde reg en die persoonlikheidsregte veelal in lynregte teenstelling met mekaar staan, word 'n noukeurige afweging van die botsende regte vereis. In hierdie verband het die gemenereg daarin geslaag om 'n werkbare balans te bewerkstellig tussen die handhawing van vryheid van spraak en die beskerming van die betrokke persoonlikheidsregte. Op die huidige gebied geld dit veral die reels wat ten aansien van regverdigingsgronde ontwikkel het ten einde aan die media die bevoegdheid te verleen om die beskerming van hierdie persoonlikheidsgoedere binne afgebakende, regtens aanvaarbare grense te beperk, asook die erkenning van die media se nalatigheidsaanspreeklikheid vir laster. Die ter sake regverdigingsgronde is bevoorregte verslaggewing, waarheid en openbare belang, billike kommentaar, mediaprivilegie, politieke privilegie en die openbare inligtingsbelang. Hierdie gronde vorm nie 'n geslote getal nie en kan dus op grond van regsbeleidsoorwegings ten gunste van 'n omvattender handhawing van vryheid van spraak uitgebrei word. Aan die ander kant behoort nalatigheidsaanspreeklikheid, as demper op vryheid van spraak, net soos by laster ook vir skending van die ander drie persoonlikheidsregte te geld. Alhoewel die gemeenregtelike reëls oënskynlik met die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte versoenbaar is, moet die howe enige afwyking van die Handves in hierdie opsig sonder versuim regstel.

Palabras clave : Belediging; bevoorregte verslaggewing; billike kommentaar; goeie naam; Handves van Regte; identiteit; laster; media; mediaprivilegie; nalatigheid; onregmatigheid; openbare inligtingsbelang; opset; pers; persoonlikheidsreg; politieke privilegie; privaatheid; regverdigingsgrond; vryheid van spraak; waarheid en openbare belang.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons