SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    STEMMET, Jan-Ad. "Skimmespel van die waarsêers": Politieke sensuur in Suid-Afrika, c. 1980-1989. 'n Historiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.85-97. ISSN 2224-7912.

    Dit is nie vergesog om te argumenteer dat Suid-Afrika eerder 'n kultuur van sensuur as vryheid van spraak het nie. Té maklik was/is politici in die land deur die plesier van sensuur verlei. Té rustig het die publiek die nasionalisering van hierdie vryheid toegestaan. Namate apartheid, en die opposisie daarteen, gegroei het, het politieke sensuur toegeneem. Die vakuum gelaat deur die sensors is geesdriftig deur regeringspropaganda gevul. Teen die 1980's was sensuur 'n uitgebreide en gesofistikeerde aspek van die staatsmasjinerie. Vryheid van spraak is aan die verantwoordelike volksgenote toevertrou. Die Suid-Afrika van die 1980's versinnebeeld in vele opsigte 'n klimaks van teenstrydighede. Deur, binne konteks, epiese hervorming maak die regering van P.W. Botha die apartheid-staat "oper". Hierdie openlikheid syfer deur tot vryheid van spraak. Terselfdertyd het Pretoria 'n haas ondeurdringbare bolwerk van politieke sensuur gesweis. Inligting het nie noodwendig 'n ingeligte veronderstel nie. Waarheid het van regeringsamptenary se egtheidstempel afgehang. Werklikheid het relatief geword. Hierdie artikel ondersoek waarom die Botha-regering, as deel van sy multidimensionele Totale Strategie, sensuur nodig geag het. Verder word gekyk na hoe die evolusionêre vlegwerk van sensuur daarna uitgesien het en hoe dit toegepas is. Ná 1994 verklaar veral witmense dat hulle nie geweet het nie. Ten slotte word die effek van die bespreekte sensuur op die Suid-Afrikaanse samelewing in oënskou geneem.

    Palabras clave : Apartheid; politieke sensuur; politieke geweld; noodtoestand; Totale Aanslag; Totale Strategie; P.W. Botha regering; Buro vir Inligting; Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie; propaganda.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )