SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, BJ. Johannes Calvyn (1509-1564) se visie op die werklikheid: 'n Christelik-filosofiese waardering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.3, pp.365-396. ISSN 2224-7912.

Om die geboorte van die Reformator van Genève, 500 jaar gelede, te herdenk word hierdie Christelik-filosofiese waardering van sy lewensvisie (volgens die finale uitgawe van sy Institusie van 1559) aangebied. Die ondersoek ontwikkel soos volg: (1) Die inleiding verduidelik die onderwerp en aard van hierdie ondersoek asook die metode waarvolgens dit gedoen word. (2) In die tweede afdeling word aangetoon dat die pogings om na 'n sentrale, leidende gedagte by Calvyn te soek nie geslaag het nie en ook te eng is. Die breëre aanpak van 'n Christelik-filosofiese analise hou meer belofte in om Calvyn se lewensvisie te verstaan. (3) Die derde afdeling ondersoek en evalueer Calvyn se ontologie (sy visie op God, sy wette en sy skepping) en gee ook sy mensbeskouing kortliks weer. (4) Vervolgens word ondersoek wat die implikasies van sy digotomistiese mensvisie en sy onderskeid tussen twee ryke ('n hemelse en aardse) is vir sy visie op die samelewing. (5) Hierna word Calvyn se kenteorie en sy visie op die verhouding tussen geloof en wete, teologie en filosofie ondersoek. (6) In 'n afsluitende gedeelte sal die resultate kortliks saamgevat word.

Palabras clave : Reformasie (16e eeu); Johannes Calvyn (1509-1564); Institusie van die Christelike godsdiens (1559); teologie; werklikheidsvisie (ontologie); dualisme; Godsidee; skeppingsordeninge; natuurwet; parsiële universalisme; makro-mikrokosmosteorie; digotomie (antropologiese); semi-mistiek; tweeterreineleer (natuur en genade); inkonsekwente empirisme; outonomie (van die rede); geloof en wete (hulle verhouding); Platonisme; Stoïsisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons