SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, BJ. Johannes Calvyn (1509-1564) se mensbeskouing: 'n Christelik-filosofiese waardering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.3, pp.410-433. ISSN 2224-7912.

Hierdie studie word aangebied ter herdenking van die geboorte van die hervormer, Johannes Calvyn, 500 jaar gelede (1509). Dit handel oor 'n belangrike aspek van sy denke, naamlik sy mensbeskouing volgens die finale uitgawe van sy Institusie (1559). Ter inleiding word iets vermeld van die voortgesette belangstelling in en relevansie van hierdie denker - ook in Suid-Afrika; 'n meer gebalanseerde evaluering van sy denke word voorgestel; die metode wat daarby gevolg word, word verduidelik. Daarna word die volgende fasette van Calvyn se antropologie bespreek: (1) die religieuse karakter van menswees; (2) sy onderskeid tussen siel en liggaam; (3) sy standpunt oor die onsterflikheid van die siel; (4) sy visie op die mens as beeld van God; (5) sy onderskeid tussen natuurlike en bonatuurlike gawes. Die slotgedeelte bevat 'n opsommende evaluering asook 'n les vir vandag.

Palabras clave : Reformasie (16e eeuse); Johannes Calvyn (1509-1564); die Institusie (1559); Calvynnavorsing; Calvinisme (in Suid-Afrika); Grieks-Romeinse filosofie; Platonisme; Augustianisme; parsiële universalisme; Godskennis; religie; siel en liggaam; onsterflikheid (van die siel); kreasianisme; wêreldveragting; natuurlike en bonatuurlike beeld van God.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons