SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    CILLIERS, Johan. "Fides quaerens societatem": Praktiese teologie op soek na sosiale vergestalting. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.624-638. ISSN 2224-7912.

    Hierdie artikel bied 'n kort opsomming van sommige van die eiendomlike spanninge in die teologiese vakdissipline van Praktiese Teologie, as uitvloeisel van die grondliggende spanning wat reeds deur die naam gesuggereer word, naamlik praktyk en teologie, of praktyk en teorie. Agt paradigmas waarbinne Praktiese Teologie verstaan kan word, word kortliks opgesom, te wete geloof op soek na begrip, verwoording, handeling, hoop, verbeelding, visualisering, beliggaming en sosiale vergestalting (laasgenoemde die integrerende paradigma). Die uitgangspunt is dat Praktiese Teologie op 'n hermeneutiek van sinduiding rus, wat nie as 'n nuwe vorm van klerikale of ekklesiologiese mag of beheer beskou moet word nie, maar eerder as 'n meewerkende en interaktiewe wyse om die lewe, soos wat dit in die samelewing tot uiting kom en beleef word, te dien en te verryk.

    Palabras clave : Praktiese Teologie; teorie; praxis; praktyk; paradigmas; hermeneutiek; sinduiding; samelewing; spanningsvelde; ekklesiologie; eskatologie.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )