Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
STEYN, M G y KAMPER, G D. Toekomsverwagtings onder die jeug van die bruin1 bevolkingsgroep in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.688-704. ISSN 2224-7912.
Normaalweg visualiseer die jeug 'n toekoms waarin hulle as volwaardige burgers kan woon, werk en bydra tot die ontwikkeling van hul vaderland. Hierdie toekomsperspektief is opvoedkundig van groot belang, omdat dit 'n wesenlike faktor in leermotivering is. Die bruin bevolkingsgroep in Suid-Afrika het te kampe met talle maatskaplike, ekonomiese en politieke uitdagings as gevolg van volgehoue marginalisering, ook in die nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Teen hierdie agtergrond is die volgende navorsingsvraag geformuleer: In watter mate is die bruin jeug skepties oor hul toekoms in Suid-Afrika? 'n Vraelysondersoek is onder Graadll leerders gedoen. Teen die verwagting in het dit geblyk dat respondente oorwegend positief was oor die verwesenliking van hul toekomsideale in Suid-Afrika. Hierdie bevinding hou veel goeds in vir die maatskaplike opheffing en positiewe selfbeeld van Suid-Afrika se bruin gemeenskap.
Palabras clave : Jeug; adolessente; toekomsverwagtinge; bruin bevolkingsgroep; maatskap-like probleem; misdaad; Suid-Afrika.