SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BESTER, Coen  y  BOSHOFF, Estelle. Bestuurders in die openbare sektor se persepsies van die toepaslikheid van toetreders tot die arbeidsmark se opleiding en ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.728-739. ISSN 2224-7912.

Die toepaslikheid van die opleiding en ontwikkeling wat deur tersiêre instellings verskaf word, word dikwels uit verskillende oorde bevraagteken. Die vraag is wat as maatstaf behoort te geld om hieroor 'n besluit te kan neem. Baie opvoedkundiges en sakelui glo dat die behoeftes en vereistes van die arbeidsmark die deurslag behoort te gee wanneer besluite oor kurrikuluminhoud van tersiêre opleidingsprogramme onder die soeklig kom. Die doel van hierdie studie was om juis te bepaal wat hierdie behoeftes en vereistes van die arbeidsmark is, veral vanuit die perspektief van bestuurders in die openbare sektor wat 'n prominente werkgewer is. 'n Geleentheidsteekproef bestaande uit bestuurders wat organisasies in die openbare sektor in stedelike en plattelandse areas en op verskillende bestuursvlakke in die Vrystaat en Noord-Kaapland verteenwoordig, is geselekteer. Inligting is bekom deur middel van vraelyste en fokusgroeponderhoude. Deelnemers se response is verwerk en geïnterpreteer ooreenkomstig die riglyne van inhoudsontleding. Nuttige inligting is ingesamel aangaande die toepaslikheid van opleiding en ontwikkeling, asook die werksverwante tekortkominge van toetreders tot die arbeismark vanuit die oogpunt van bestuurders in die openbare sektor.

Palabras clave : Toepaslikheid; geskiktheid; opleiding; opvoeding; bestuurders; openbare sektor; persepsies; arbeidsmark; werksverwante kennis; werksverwante vaardighede; algemene lewensvaardighede.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons