SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número3Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    FOURIE, Johan  y  FINTEL, Dieter Von. 'n ongelyke oes: die Franse hugenote en die Vroeë Kaapse wynbedryf. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.332-353. ISSN 2224-7912.

    Wynvervaardiging was een van die eerste industrieë wat aan die Kaap gevestig is. Kwalitatiewe bronne lewer teenstrydige getuienis oor die impak wat die aankoms van Franse Hugenote aan die Kaap in 1688/89 op die wynindustrie gehad het. Deur van kwantitatiewe produksiedata oor 75 jaar van Europese vestiging aan die Kaap gebruik te maak, verklaar ons hoekom spesifieke Hugenote - dié wat van wynproduserende streke in Frankryk afkomstig was - beduidend meer produktief was as die ander setlaars. Standaard produksiefaktore verklaar nie die verskil nie: die Hugenote se wynkennis, - vermoëns en - geheime het verseker dat duursame wyn geproduseer is, wat onontbeerlik was vir verbygaande skepe. Hierdie geheimenisse van wynvervaardiging is oor generasies heen binne families bewaar, sodat hierdie families byna 'n eeu na hul aankoms steeds beter wynmakers was as die ander Europese afstammelinge.

    Palabras clave : Kaapkolonie; Suid-Afrika; VOC; Hugenote; wynbou; slawe; ongelykheid; armoede; ontwikkeling; handelskepe.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )