Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
FOURIE, Johan y FINTEL, Dieter Von. 'n ongelyke oes: die Franse hugenote en die Vroeë Kaapse wynbedryf. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.332-353. ISSN 2224-7912.
Wynvervaardiging was een van die eerste industrieë wat aan die Kaap gevestig is. Kwalitatiewe bronne lewer teenstrydige getuienis oor die impak wat die aankoms van Franse Hugenote aan die Kaap in 1688/89 op die wynindustrie gehad het. Deur van kwantitatiewe produksiedata oor 75 jaar van Europese vestiging aan die Kaap gebruik te maak, verklaar ons hoekom spesifieke Hugenote - dié wat van wynproduserende streke in Frankryk afkomstig was - beduidend meer produktief was as die ander setlaars. Standaard produksiefaktore verklaar nie die verskil nie: die Hugenote se wynkennis, - vermoëns en - geheime het verseker dat duursame wyn geproduseer is, wat onontbeerlik was vir verbygaande skepe. Hierdie geheimenisse van wynvervaardiging is oor generasies heen binne families bewaar, sodat hierdie families byna 'n eeu na hul aankoms steeds beter wynmakers was as die ander Europese afstammelinge.
Palabras clave : Kaapkolonie; Suid-Afrika; VOC; Hugenote; wynbou; slawe; ongelykheid; armoede; ontwikkeling; handelskepe.