Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
ROUX, Braam. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.19-35. ISSN 2224-7912.
'n Beskuldiging dat die wetenskap geesloos is, vra opheldering. Dit lei na Gilbert Ryle (1900-1976) en sy siening van Cartesianisme (dualisme) wat volgens hom op 'n kategoriefout berus. Dit beteken gees is nie nog 'n ding nie. Op grond van ons alledaagse gebruik van uitings oor geesmodaliteite (waarneem, ken, dink, ens) vind hy dat hulle sinmaking van persone-in-situasie behels, dus op openbare optrede slaan. Dit beteken die beskuldiging geld op een vlak nie - wetenskap is en bly menslike betrokkenheid. Mensdegraderende beskouings oor wetenskapsbeoefening ondersteun deur epistemologiese aanvaardings lei tot 'n wetenskap- en 'n realiteitsiening wat die singewende mens op die agtergrond stoot. Die beskuldiging is geldig waar wetenskap binne so 'n raamwerk beoefen word - en dit kom wyd voor. Hierdie sieninge trek wetenskapsbeoefening skeef en daarom is 'n heroriëntasie nodig ten opsigte van wetenskapsbeeld (veral die beeld van die geestes-wetenskappe), morele verantwoordelikheid van wetenskaplikes en die plek van en deelname aan 'n nimmereindigende, oop diskussie tussen alle vlakke van belanghebbende partye.
Palabras clave : Gees [siel]; bewussyn; sinmaking; begrip; leefwêreld; kategoriefout; meta-fisika; voortdurende gesprek; verantwoordelikheid; geesteswetenskap.