SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN EEDEN, ES. Geskiedenis, grondstudies en grondeisenavorsing - 'n oop gesprek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.503-519. ISSN 2224-7912.

Hierdie oop gesprek oor die hantering en verstaan van grondeise in die grondhervormings-geskiedenis van Suid-Afrika het nie ten doel om al hierdie gebeure en prosesse van die afgelope byna 20 jaar nougeset neer te pen nie. Teen die kontekstuele agtergrond daarvan word wel besin oor die mate waartoe Geskiedenis as 'n dissipline betekenisvol kan wees of behoort te wees in die uiteindelike besluitneming oor eise ten opsigte van grond. Omvattende navorsing hieroor is egter nog nodig. In hierdie bespreking is die benutting van die geskiedenis binne die dissipline Geskiedenis in die onderneming van grondeisenavorsing die kernsaak. Geskiedenis as 'n bewys-materiaalverskaffer met vele perspektiewe word toegelig deur kortliks na die onafgehandelde grondeis op die plaas Deelkraal IQ142 as 'n voorbeeld te verwys. Opsommenderwys sal ook aangetoon word dat die waarde van Geskiedenis in grondeisenavorsing nie noodwendig in finale besluitnemings oor grondeise geag word nie. Dit wil dus voorkom asof persepsies oor die verlede (soms verweef in mag en konflik), 'n geneigdheid kan hê om enige moontlikheid van waarheid of realiteit te oorskadu. Op sigself dui dit weer op fasette van mag en politiek, wat vorige soortgelyke siklusse bloot herhaal.

Palabras clave : Geskiedenis; grondstudies; grondhervorming; grondgeskiedenis; grondeise; Deelkraal IQ 142; grondnavorsing; streekstudies; Geskiedenis en grondeise; Geskiedenismetodologie; historiografie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons