Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
POOLEY, Thomas. "Afrika-Voorstellings": Stefans Grové se Liedere en danse van Afrika as fiksies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.2, pp.170-186. ISSN 2224-7912.
Stefans Grové se Musiek uit Afrika-reeks is die produk van baie "Afrika-voorstellings". In hierdie analise van die klavier-etudes, die Liedere en danse van Afrika (1988-1990), word besin oor die aard van hierdie voorstellings of invensies - beide as studies en as ontdekkings - en die tegnieke wat gebruik is om hulle te implementeer. Die artikel demonstreer fasette van hierdie studies wat geïnterpreteer mag word as generiese verteenwoordigers van inheemse Afrika-tegnieke, sowel as konstruksies wat gebaseer is op 'n ouer erfenis van eksotiek en primitivisme in Westerse kunsmusiek. In plaas daarvan om "Afrika" en "Afrika-musiek" te reduseer tot 'n reeks generiese eienskappe of prosedures suggereer hierdie artikel 'n alternatiewe lesing wat hierdie werke plaas as "Afrika-voorstellings": as fiksies of verdigsels wat hulle eie unieke "Afrika-teenwoordigheid" onbeskaamd sinkretiseer, en nie langer aan stererotipes gekoppel kan word soos "inheemse" of "outentieke" "Afrika-elemente nie". Sulke aansprake op egtheid of outentisiteit neig naamlik daartoe om dieselfde denke waarna hulle streef, te ondermyn.
Palabras clave : Stefans Grové; Afrika Musiek-reeks; Liedere en danse van Afrika; Afrika-voorstellings; Mbira-lied; musikale eksotiek.