SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    DE JAGER, Eloise  y  BITZER, Eli. 'n Studenteterugvoer-perspektief op "top-"uni-versiteitsdosente se onderrig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.651-667. ISSN 2224-7912.

    Die gehalte van onderrig aan hoëronderwysinstellings word deur 'n velerlei faktore beïnvloed. Dit sluit die kenmerke van dosente en studente, die institusionele kultuur, dissiplinêre en klaskontekste en individuele benaderings tot onderrig en leer in. Dit is dus nie ongewoon dat onderwysnavorsers dikwels uitwys hoe die gehalte van onderrig verband hou met die eienskappe en optrede van uitstekende dosente en hul studente se beoordeling daarvan nie. Hierbenewens word studenteterugvoer oor onderrig as een van die aanwysers van onderriggehalte wyd aanvaar as 'n geldige wyse om elemente van effektiewe onderrig te beoordeel. Studente is aan die ontvangkant van dosente se onderrig en derhalwe sou dit irrasioneel en onverantwoordelik wees om hul menings te negeer. Hierdie artikel handel oor 'n analise van studenteterugvoer aan 'n universiteit waar goeie onderrig dikwels onderwaardeer en soms misken word. Terugvoer oor die drie dosente wat, volgens hul studente, die beste gevaar het in elk van nege fakulteite is ontleed en kenmerke wat gehalte in die onderrig van hierdie topdosente aandui, is uit die terugvoer afgelei. Vanuit die analise was dit moontlik om generiese faktore oor onderriggehalte aan te dui, wat vir leiers en bestuurders in hoër onderwys, praktiserende dosente, studente, professionele onderigontwikkelaars en selfs ouers van studente van belang mag wees. Die ondersoek toon egter ook dat daar kontekstuele veranderlikes binne fakulteite en dissiplines is wat nie veralgemeenbaar is nie en unieke vorme van onderriggehalte verteenwoordig.

    Palabras clave : Effektiewe dosente; Effektiewe onderrig; Hoër onderwys; Universiteitsonderwys; Studenteterugvoer; Studenteterugvoer-instrumente; Studente-sienings/-persepsies; Topdosente; Dissiplinêre verskille; Klasgroottes; Fakulteitsverskille.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )