Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
GEERTSEMA, Salomé y LE ROUX, Mia. Engels Addisionele Taalleerders: Ondersteuning vir fonologiese bewustheidsuitvalle. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.96-110. ISSN 2224-7912.
DOEL: Die hoofdoel van hierdie studie was om die effek van 'n fonologiese bewustheids-opleidingsprogram, binne die raamwerk van tradisionele artikulasieterapie, op leerders met Engels as addisionele taal te ondersoek. As deel van hierdie groter doelwit, is die resultate van die opleidingsprogram op die ouditiewe persepsie van Engelse vokale deur leerders met Engels as addisionele taal bepaal. Die voorlopige invloed van die opleidingsprogram op hierdie leerders se artikulasie van Engelse vokale, reseptiewe en ekspressiewe taalvaardighede en lees- en spelvaardighede is ook ondersoek. RESULTATE: Die tradisionele artikulasieterapie-raamwerk waarbinne Engelse vokale van die leerders met Engels as addisionele taal deur middel van die opleidingsprogram aangespreek is, het 'n positiewe invloed op hierdie leerders se fonologiese bewustheid van Engelse vokale, geletterdheidsonderrig en artikulasie van dié vokale gehad.
Palabras clave : fonologiese bewustheid; ouditiewe persepsie; tradisionele artikulasieterapie; Engels Addisionele Taalleerders (EAT); Engels Eerste Taalleerders (EET); geletterdheidsonderrig.