Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
VAN NIEKERK, A y LUBBE, E. Retoriese stylfigure as intellektuele spel in advertensiekommunikasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.446-462. ISSN 2224-7912.
Advertensiekommunikasie het 'n unieke aard en verskillende talige en visuele meganismes word gebruik ten einde die teikenmark se aandag te trek. Retoriese stylfigure, as vorm van figuurlike taalgebruik, is een van die instrumente wat kopieskrywers gebruik om die teikenmark se aandag in gedrukte advertensies te trek. Retoriese stylfigure kan egter op verskillende wyses aangewend word. In hierdie ondersoek word daar vanuit 'n semantiese perspektief gekyk na retoriese stylfigure (talig en visueel) wat tot beskikking van die kopieskrywer is, om kreatief die teikenmark se aandag te trek. Die fokus in hierdie empiriese ondersoek val verder ook op die wyse waarop visuele tekens in advertensies die talige tekens eggo, oftewel ondersteun, in die konstruering van die bemarkingsboodskap.
Palabras clave : Advertensiekommunikasie; semantiek; figuurlike taalgebruik; idiomatiese uitdrukkings; personifikasie; retoriese stylfigure; vergelyking; analogie; metaforiek; semiotiese tekens.