Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
SENEKAL, Burgert. Eentaligheid, integrasie en assosiasiegerigtheid in sosiale netwerke: 'n Literatuuroorsig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.356-372. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A3.
Afrikaanse onderrigsinstansies kom toenemend in die spervuur omdat die gebruik van Afrikaans skynbaar tot 'n gebrek aan integrasie tussen verskillende bevolkingsgroepe lei. Hierdie artikel gaan krities om met hierdie siening vanuit die perspektief van die netwerkteorie, en ondersoek groepsvorming met behulp van die konsepte van oorganklikheid en modulariteit. Daar word aangetoon dat groepsvorming nie eie is aan die Suid-Afrikaanse samelewing of selfs sosiale netwerke nie, maar wel 'n kenmerk is van komplekse netwerke, wat sosiale netwerke insluit sowel as tegnologiese, biologiese en inligtingsnetwerke. Groepsvorming ontstaan onder andere op grond van assosiasiegerigtheid of homofilie, wat beteken dat soortgelyke nodusse geneig is om skakels met mekaar te vorm. Hierdie homofilie in sosiale netwerke kan geskied op grond van taal, maar ook op grond van ras, klas, inkomstegroep, geografiese ligging en dergelike. 'n Oorsig word gebied oor 'n aantal studies wat groepsvorming in sosiale netwerke ondersoek het, insluitend ten opsigte van taal en ras, maar ook met inagneming van ander veranderlikes soos ouderdom. Daar word aangetoon dat taal wel tot die vorming van aparte groeperings in sosiale netwerke lei, maar dat ras op sigself ook daartoe aanleiding gee, sowel as ander veranderlikes soos ouderdom, kultuur, geslag, ensovoorts. Die slotsom waartoe die artikel kom, is dat integrasie nie bewerkstellig sal word deur taal uit die prentjie te verwyder nie, aangesien die eentalige omgewing van die VSA steeds gekenmerk word deur aparte groeperings wat op grond van ras gevorm word. 'n Kort bespreking word ook gegee oor probleme wat gepaardgaan met die vorming van sosiale bande op grond van heterofilie.
Palabras clave : Komplekse netwerke; assosiasiegerigtheid; homofilie; oorganklikheid; modulariteit; groepsvorming; eentaligheid; taalbeleid; transformasie.