SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4A preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western CapeThe profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LOR, Peter  y  BRITZ, Johannes. Biblioteke en vrede: 'n kritiese besinning oor die rol van biblioteke in vredestigting. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.584-600. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a6.

Daar word dikwels aangeneem, byvoorbeeld in uitsprake van UNESCO, dat biblioteke deur die voorsiening van inligting bydra tot begrip, verdraagsaamheid en vrede. Ons bevraagteken hierdie aannames. Op grond van 'n besinning oor die begrip "vrede", handhaaf ons vir die doeleindes van die analise die konsep van positiewe vrede en sien ons dit as dinamies (prosesse) eerder as staties ('n toestand). Dit hou in dat strukturele en kontekstuele faktore in ag geneem moet word, dus ook onder andere maatskaplike geregtigheid en versoening. Vervolgens ontleed ons die aannames dat biblioteke tot opvoeding bydra en inligting verskaf, dat inligting kennis en begrip bevorder, en dat begrip vir ander tot vrede lei. Ons bevind dat die idee dat inligting tot vrede lei 'n erge oorvereenvoudiging is. Demokrasie, vrede en vryheid is inderdaad afhanklik van die vrye vloei van inligting, maar die verband tussen inligting en vrede bestaan uit 'n hele reeks oorsaak-en-gevolg verhoudings. Implikasies vir biblioteke se versamelings en dienste word kortliks ondersoek, en klem word daarop geplaas dat die biblioteek behoort uit te beweeg na die gemeenskap om sowel direk as indirek tot vrede by te dra. Ons verwys in die besonder na openbare biblioteke. 'n Meer aktiewe rol in vredestigting het belangrike implikasies vir die professionele etos van die bibliotekaris. Indien die tradisionele "neutraliteit" van die bibliotekaris plek moet maak vir groter maatskaplike betrokkenheid sal bibliotekarisse deur bewusmaking en opleiding daarvoor toegerus moet word.

Palabras clave : Versoening; verdraagsaamheid; meelewing; demokrasie; biblioteke; openbare biblioteke; inligting; biblioteekversamelings; inligtingsdienste; gemeenskapsbetrokkenheid; aktivisme; professionele etiek; neutraliteit; opleiding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons