SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BUTLER, Anneke. Die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.81-101. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a6.

Uit 'n literatuuroorsig het dit duidelik geblyk dat daar min ooreenstemming is oor hoe die deelwoord in Afrikaanse bronne beskryf word (vergelyk ook Breed 2016). Hierdie teenstrydighede kan saamgevat word in drie basiese kwessies: onjuiste terminologiegebruik en formulerings; die onderskeid tussen fleksie en afleiding, in die besonder of die vorming van deelwoorde gesien word as fleksie of afleiding; en die erkenning of nie van die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord. Hierdie drie punte staan natuurlik nie los van mekaar nie, inteendeel, hulle is variasies van dieselfde basiese kwessie: die onderskeid tussen fleksie en afleiding. In 'n poging om die verskillende beskrywings van die deelwoord op te los, word daar in die artikel voorgestel om die deelwoordvorm van die werkwoord te onderskei van die perifrastiesekonstruksievorme (PK-vorme) in die verledetyd- en passiefkonstruksies. Deur die fleksie-afleiding-onderskeid as 'n konseptuele glyskaal eerder as 'n absolute binêre onderskeid te sien, is volledig versoenbaar met die voorstel om die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord te beskryf. Die fyner onderskeid tussen kontekstuele en inherente fleksie is konsekwent met die onderskeid tussen die verskillende vorme van die werkwoord. Die PK-vorme van die werkwoord stem in alle opsigte ooreen met kontekstuele fleksie en die deelwoordvorm volkome met inherente fleksie. Die voorgestelde onderskeid tussen die deelwoordvorm en die PK-vorme van die werkwoord word ten slotte gemotiveer met uitgebreide beskrywings van die verskillende vorme vanuit n kognitiewe beskrywingsraamwerk. Die verskillende karakteriserings van die verskillende werkwoordvorme word duidelik geïllustreer op sowel die fonologiese as die semantiese pole.

Palabras clave : deelwoord; onvoltooide deelwoord; voltooide deelwoord; vorm van die werkwoord; perifrastiesekonstruksie; passiefkonstruksie; verledetyd- konstruksie; kognitiewe beskrywingsraamwerk.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons