SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-2The use of body maps by educators in fulfilling their pastoral roleUbuntu values: societal and educational expectations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BOSHOFF, Shanie  y  ENGELBRECHT, Lambert K.. Kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies in die Suid-Afrikaanse welsynsektor: Die bydrae deur gevestigde maatskaplike diensorganisasies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.592-607. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a5.

Ná twintig jaar van demokrasie is Suid-Afrika steeds 'n verdeelde samelewing met grootskaalse armoede en hoë vlakke van kwesbaarheid. Ontwikkeling van alle sektore van die samelewing word deur die Regering as oplossing gesien. Deur middel van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling se finansieringsbeleid (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 2012a) plaas die Staat druk op gevestigde maatskaplike diensorganisasies om tot kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies by te dra. Die doel van hierdie artikel is om begrip te ontwikkel vir die bydrae van gevestigde maatskaplike diensorganisasies tot die kapasiteitsbou van informele gemeenskapsgebaseerde organisasies (voortaan in hierdie artikel na verwys as "IGO's") ten einde grondige bevindinge en aanbevelings daarvoor te kan maak. Om hierdie doel te bereik, word die agtergrond van die onderwerp in meer detail belig, word die navorsingsmetodologie wat gevolg is, verduidelik en word die bevindinge aangebied deur middel van 'n geïntegreerde sintese van deelnemers se beskrywings van gevestigde organisasies en IGO's, hulle beskouings van suksesse behaal en hulle reflektering van verdere uitdagings in kapasiteitsboupogings.

Palabras clave : Kapasiteitsbou; gevestigde maatskaplike diensorganisasies; informele gemeenskapsgebaseerde organisasies; maatskaplike ontwikkeling; maatskaplike werk.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons