SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    SMIT, Flip. Die aard, wese en rol van die Suid-Afrikaanse universiteite in 'n ontwikkelende land. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.887-904. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a2.

    Die studenteproteste aan die begin van 2015 en met die aanvang van die 2016-akademiese jaar het die universiteite tot in hul fondamente geskud. Die outonomie van universiteite is 'n nekslag toegedien toe die voorgestelde klasgeldverhogings tot 0%-verhoging wegonderhandel is. Daar is 'n volgehoue aandrang dat universiteite meer studente en veral meer swart studente moet toelaat. Die staatsbydrae het egter nie met die toename in studentegroei tred gehou nie. Klasgelde moes noodwendig verhoog word. Daar is egter twyfel of klasgelde in die toekoms verhoog sal word. Die universiteite betree dus 'n onsekere toekoms. Sonder drastiese herstrukturering en meer realistiese toelating van studente sal meer geld nie die probleme oplos nie. Die aandrang op transformasie bring groot onsekerheid by personeel en standaarde is ook in gevaar. Akademici moet akademiese vryheid aangryp en hierdie selfvernietigende proses op wetenskaplike wyses teenstaan.

    Palabras clave : Universiteite; studenteproteste; massa hoër onderwys; klasgeld; outo-nomie; transformasie; subsidie; onderrig; navorsing; rangorde; akade-miese vryheid.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )