Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
HEYNS, Michael. Vryheid en idee: Beurtsang vir die universiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.961-979. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/V56N4-1A6.
Aan die einde van 2015 het studenteprotes deur Suid-Afrika gespoel - hoër onderwys is té duur. Dit het universiteite in 'n finansiële krisis gelaat. Die indruk is dat een van die grondoorsake van die krisis 'n etos van ekonomistiese dwang is. In die artikel word geargumenteer dat 'n dualistiese dialektiek tussen n natuurnoodwendig-agtige ekonomisering en menslike vryheid nie veel doen om hierdie krisis te ontknoop nie. Vir laasgenoemde sal n veel duideliker raamwerk van die normatiewe soortlikheid van universiteite, of dan die idee van 'n universiteit, weer deel van die openbare gesprek oor die saak moet word.
Palabras clave : Idee van 'n universiteit; Ekonomisering; Vryheid; Nie-reduksie; Normatief; Rigting; Soortlikheid.