SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN HUYSSTEEN, GB (Gerhard). Opname- en elimineringskriteria vir die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls: Die geval emeritus. Deel 2. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.346-368. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a8.

Sedert 2006 het die Taalkommissie (TK) begin om formele riglyne vir die opname of eliminering van lemmas in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) saam te stel; dié riglyne is deur Van Huyssteen (2017b - kyk Deel 1 in hierdie uitgawe) in ʼn operasionaliseringsraamwerk geformaliseer. Die doel van hierdie artikel is om die operasionaliseringsraamwerk uitvoerig aan die hand van ʼn gevallestudie, te wete die geval emeritus, te illustreer. In die eerste elf stappe word vrae beantwoord wat die makrostrukturele status van die lemma in die woordelysgedeelte van die AWS raak, naamlik of emeritus opgeneem moet word of nie. Agt van dié vrae kan positief beantwoord word en dien as motivering vir die opname van emeritus as lemma. Die laaste ses stappe se vrae het betrekking op die mikrostrukturele hantering van emeritus, naamlik hoe dit in die AWS opgeneem moet word. Op sterkte van die analises word tot die gevolgtrekking gekom dat emeritus soms as selfstandige naamwoord (met slegs die meervoud emeriti) in Afrikaans funksioneer, maar meestal as prenominale adjektief (byvoorbeeld emeritus aartsbiskop).

Palabras clave : Afrikaans; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS); eliminerings-kriteria; leksikografie; normatiewe taalkunde; opnamekriteria; ortografie; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Taalkommissie (TK).

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons