SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN DER MERWE, Hettie. Die aard en hantering van vooroordeel teen vroulike skoolleierskap in gedepriveerde gemeenskappe: bedreigings, benaderings, behoud. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.924-938. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a4.

    Alhoewel skoolleierskapposisies toenemend deur vroue gevul word, heers daar steeds diepgesetelde vooroordeel teen die vermoëns van vroue om as leiers op te tree. Hierdie artikel fokus op die uitdagings en benaderings van vroulike skoolleiers wat in gedepriveerde gemeenskappe (dit wil sê binne die konteks van meervoudige gebrek) aan vooroordeel teen vroulike leierskapvermoëns uitgelewer is. Aan die hand van 'n kwalitatiewe gevallestudie-ondersoek is individuele onderhoude met agt vroulike skoolhoofde en agt skoolbestuurslede van laerskole in landelike gebiede in KwaZulu-Natal, Noordwes en Mpumalanga gevoer. Al agt laerskole is uitgelewer aan omstandighede van meervoudige gebrek. Die data-ontleding bevestig die aanwesigheid van vooroordeel teen vroulike leierskap en maak die benaderings bekend wat vroulike leiers volg om hierdie vooroordeel te oorkom. Hierdie benaderings hou verband met die hoë waarde wat vroulike skoolleiers aan verhoudingstigting, gesamentlike besluitneming en die versorging van 'n kwesbare leerlinggemeenskap heg.

    Palabras clave : gesamentlike besluitneming; leierskapvooroordele; meervoudige gebrek; ondersteunende versorging; skoolleierskap; stereotipering; verhoudingstigting; vroulike skoolleierskap.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )