SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.58 no.2 Pretoria jun. 2018

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a1 

     

    Kontrastiewe en komparatiewe perspektiewe op die Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie

     

     

    Redakteursnota

    'n Kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), met ondersteuning van die Nederlandse Taalunie, is vanaf 29 Junie tot 3 Julie 2017 op die Potchef-stroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied. Die kongrestema, Kontrapunt: Kontrastiewe en komparatiewe perspektiewe op die Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie, word in die oproep om bydraes verder omskryf: dit gaan naamlik om "kontra-puntale samehang", waar beoog word om "binne die konteks van die komparatisme die kontraste sterker te belig, maar [tog] steeds met aandag aan ooreenkomste en gemene delers".

    Die organiseerders van die kongres, proff. Adri Breed (taalkunde) en Phil van Schalkwyk (letterkunde) van die Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, het die vyf hoofreferate vir publikasie voorgele aan die Tydskrif vir Geesteswetenskappe. In hierdie afdeling word drie uitgebreide en herbewerkte artikels, opnuut onderwerp aan eweknie-evaluering, oor Afrikaanse en Nederlandse taalstudie ingesluit. Ons beoog om in die Septembernommer twee artikels oor literatuurstudie te plaas.

     

    Ina Wolfaardt-Gräbe

    Mei 2018