SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    LIEBENBERG, Helena. Die Wes-Kaapse Argief en die begin van Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.204-236. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a2.

    Vir die onderhawige ondersoek is gebruik gemaak van die getranskribeerde inhoud van etlike reekse 17de- en 18de-eeuse VOC-dokumente wat in die Wes-Kaapse Argief gehuisves word en sedert 2001 tydens vier omvangryke projekte beskikbaar gestel is en steeds word. Veral die taalmateriaal in die Resolusies van die Politieke Raad, Inventarisse, Vendusierolle en Dagregisters van die Kaapse kommandeurs en goewerneurs bied talryke voorbeelde van taalvorme wat toe gebruik is en behoue gebly het in Afrikaans. In hierdie opsig kan Afrikaans beskou word as bewarea van ou, onbekende of streekswoorde in hedentydse Nederlands. Talle Afrikaanse woorde is afkomstig uit die 17de-eeuse Nederlandse 'boeretaal'. Daar word ook gewys op die invloed van Wes-Europese streekstale, veral Platduits, op die vorming van dit wat later Afrikaans genoem is. Slegs 'n beperkte aantal woorde van Oosterse en Khoi-Khoi-herkoms kom voor, alhoewel Khoi-Khoi-plekname 'n besondere erfenis blyk te wees.

    Palabras clave : VOC; Wes-Kaapse argief; bewaring; digitalisering; transkribering; resolusies; inventarisse; vendusierolle; Duitsch"; boeretaal vs. Standaardtaal; leenwoorde; Franse Hugenote; etimologieë; Afrikaans as bewarea.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )