Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
STRAUSS, Danie. Ontstrengeling: Die basis van samelewingsvry-hede en godsdiensvryheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.330-343. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a8.
Omdat die geskiedenis van samelewings en die besinning daaroor dikwels na totalitêre praktyke neig word in hierdie artikel spesifiek die aandag op die betekenis van die ontstrengeling of vertakking van die Westerse samelewingserfenis gevestig. Inleidend word daarom allereers vlugtig na die plek van oortuigingsvryhede in Suid-Afrika gekyk en daarna word dieper ingegaan op die aard en implikasies van differensiasie van die samelewing oor millennia.1
Palabras clave : Persoonlike vryheid; samelewingsvryhede; tradisionele samelewings; kerklike eenheidskultuur; Roomse verkerkliking; samelewingsdifferensiasie; Humanisme; Ateïsme; regsbelange; regstaat.