Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.58 no.4-2 Pretoria dic. 2018
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a9
AKTUEEL
Navorsing oor ekokritiek en die Afrikaanse letterkunde verteenwoordig 'n opwindende nuwe veld van ondersoek in Afrikaans. Artikels deur Susan Smith en Susan Meyer is reeds in vorige uitgawes van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe geplaas. In die Septembernommer het Susan Meyer gereageer op Carien Smith se ekokritiese herlees van Riana Scheepers se kortverhaal "Katvoet", wat in die Junienommer van die tydskrif gepubliseer is. Ons publiseer in hierdie afdeling nog 'n respons deur Reinhardt Fourie; Carien Smith het aangedui dat sy graag in die Maart 2019-nommer op sowel Susan Meyer as Reinhardt Fourie se opmerkings sal wil reageer.
Voortgesette diskoers skep die geleentheid vir teoretiese omlyning van die veld, wedersydse slyping van standpunte en perspektiewe, asook die ontwikkeling van toepaslike terminologe in Afrikaans.
Die redaksie rig hiermee weer eens 'n ope uitnodiging aan belangstellende lesers om deel te neem aan die diskoers oor ekokritiek.
INA WOLFAARDT-GRÄBE
November 2018