Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
PIENAAR, W.J. (Wessel). Riglyne by die keuse van padprojekte deur die owerheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.126-141. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a9.
Dié artikel verduidelik waarom die voorsiening van openbare paaie aan markmislukking onderhewig is, en verduidelik die redes waarom openbare paaie deur die staat voorsien word. Dié oorwegings is hoofsaaklik ekonomies van aard en word uit 'n sektorale, mikro- en makroëkonomiese oogpunt toegelig. Die bedryfseienskappe van padvervoer, teenoor dié van spoorvervoer, wat vir die stimulering van ekonomiese lewenskragtigheid bevorderlik is, word oorsigtelik verduidelik. Die staat se plig om padinfrastruktuur te voorsien bring mee dat daarvoor begroot moet word. Die artikel beskryf die situasie wanneer padowerhede reaktief die voordele van padvoorsiening moet probeer maksimeer onder die beperking van fiskale rantsoenering en 'n vaste begroting. Ten slotte word voorgestel dat padowerhede, met oordeelkundige benutting ook van leningsfondse, proaktief optree om die voordele van padvoorsiening te maksimeer deur hulle padboubegrotings as veranderlik te benader, maar onderworpe aan 'n prestasiereël.
Palabras clave : makroëkonomie; mikroëkonomie; mobiliteit; onafhanklike projekte; onderling uitsluitende projekte; pleknut; produksiefaktore; sosiale-koste-voordeel-ontleding; toeganklikheid; voordeel-koste-verhouding.