Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
PIENAAR, W.J. (Wessel). Voorgestelde metodes om die voordele van padprojekte te maksimeer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.142-156. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a10.
Hierdie artikel stel metodes voor wat 'n vervoerowerheid kan volg om die voordele van padvoorsiening te maksimeer. Ná die inleiding word 'n metode voorgestel waarvolgens openbare padprojekte gekies kan word wanneer 'n vaste begroting vir padbouprojekte geld. Hierdie metode bestaan uit vyf stappe en is gegrond op die inkrementele-voordeel-koste-beginsel. 'n Prestasiegeoriënteerde metode word voorgestel vir die proaktiewe keuse van padprojekte om ekonomiese groei en ontwikkeling teweeg te bring wanneer 'n veranderlike begroting moontlik is. Die metode bestaan uit drie stappe en is, soos die keuringsproses wat bespreek is, gegrond op die inkrementele-voordeel-koste-beginsel. Hierdie twee metodes word met behulp van voorbeelde toegelig. Die gevolgtrekkings wat uit die studie vloei, word dan aangebied.
Palabras clave : koste-voordeel-ontleding; inkrementele-voordeel-koste-verhouding; mobiliteit; onafhanklike projekte; onderling uitsluitende projekte; toeganklikheid; vaste begroting; veranderlike begroting; verkeerskomponente.