SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VERSTER, Pieter. Uitdagings ten opsigte van taaldiversiteit in kerke: Die eenheid van die kerk en taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.2, pp.192-202. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n2a2.

Die eenheid van die kerk is van die grootste belang vir die Christelike godsdiens. Onlangs het die teoloog, Bram van de Beek, die standpunt ingeneem dat die taal wat algemeen om die nagmaalstafel aanvaarbaar is ter wille van eenheid gebruik moet word, dus Engels. Volgens hom moet die eenheid van die kerk uitgedruk word waar almal rondom die nagmaalstafel teenwoordig is en dit kan alleen geskied indien daar van een taal sprake is. Daar kan met Van de Beek saamgestem word dat die eenheid van die kerk inderdaad ononderhandelbaar is. Die volgende vrae moet egter indringend ondersoek word: Waarin is die eenheid van die kerk geleë? Hoe moet die eenheid rondom die nagmaalstafel gestalte kry? Hoe kan en moet taalverskille hanteer word? Hoe moet die erediens ingerig word indien daar verskeie tale in 'n gemeenskap voorkom? Sou die uitsluitlike gebruik van 'n gemeenskaplike taal, in dié geval Engels, nie juis weersin wek en die eenheid skend nie? Is taal in die uitdrukking van die Christelike godsdiens nie juis ook betekenisvol nie? Binne die NG Kerk-familie is daar verskeie gemeentes wat verskeie tale, selfs binne een erediens, bedien deur tolking of herhaling van die preek. Die kosbaarheid van 'n eie taal is skeppingsmatig van groot belang. Eenheid en verskeidenheid moet dus nie teenoor mekaar gestel word nie, maar inisiatiewe om eie tale te bevorder sonder om die kerk te versplinter moet oorweeg word.

Palabras clave : Kerk; eenheid; nagmaal; taal; Engels; verskeidenheid; Johannes 17; ruimte vir mekaar; respek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons