SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    DU TOIT-BRITS, Charlene  y  BLIGNAUT, Henry. Posisionering van voortgesette selfgerigte leervaardighede in een-en-twintigste-eeuse onderwys. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.512-529. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a4.

    Selfgerigte leer (SGL) word in een-en-twintigste-eeuse raamwerke as ʼn kritieke vaardigheid vir leerders beskou ten einde hulle te kan voorberei op ʼn onvoorspelbare, snelveranderende opvoedingswêreld, waar gefokus moet word op die eise van die vierde industriële revolusie. Hierby aansluitend behoort 'n geslaagde onderwysstelsel die leemte tussen hoe en wat leerders leer en wat die ekonomie vereis sinvol aan te spreek deur geskooldes toe te rus om vaardighede te ontwikkel wat tersaaklik vir die arbeidsomgewing is. Die rasionaal van hierdie artikel is derhalwe dat opvoedkundige investering in die ekonomie - en daarmee skoling van leerders in voortgesette (lewenslange) SGL - onontbeerlik is en 'n sinvolle onderwysstelsel onderlê.

    Palabras clave : onderwysstelsel; leer; onderwyser; selfgerigte leer; selfgerigtheid; leerders; voortgesette vaardighede; een-en-twintigste eeu.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )