SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    WOLHUTER, C.C.. Onderwysvoorsiening aan kwesbare groepe in die samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.627-641. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a13.

    Die argument van hierdie artikel is dat terwyl daar wyd na onderwys opgesien word as instrument om mense te bemagtig en om die ideale samelewing te skep, kwesbare groepe buite sig van die openbare en akademiese onderwysdiskoers verdwyn het. Die doel van die artikel is om die konsep van kwesbare groepe prominent op die voorgrond van die navorsingsagenda te plaas, wat onderwysvoorsiening aan hierdie groepe sal prioritiseer. Die artikel gee ʼn oorsig van die historiese ontwikkeling van heersende sosiale stratifikasiemodelle en die afwesigheid van kwesbare groepe in hierdie skemas. Die begrip "kwesbare groepe" word verhelder en toepaslike voorbeelde van die stel kwesbare groepe in die samelewing word gelys. Die opkoms van die beskouing van onderwys as oplossing vir die totale samelewingsproblematiek word dan geskets en probleme met dié beskouing word geïdentifiseer. Die gevolgtrekking is dat onderwys die voor die hand liggende instrument is om kwesbare groepe te bemagtig. Die moontlikheidsvoorwaarde hiervoor is dat hierdie groepe en die unieke kontekstuele ekologie van elk van die groepe op die navorsingsagenda van die Sosiale Wetenskappe, veral die Sosiologie van die Opvoedkunde en die Vergelykende Opvoedkunde, geplaas moet word.

    Palabras clave : kwesbare groepe; Marxisme; menseregte; Menslikekapitaalteorie; Moderniseringsteorie; onderwys vir almal; Opvoedkundenavorsingsagenda; sosiale stratifikasie; UNESCO; volwasse geletterdheid.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )