SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

FREEKS, Fazel. Die probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika: 'n Moontlike oplossing gegrond op Bybelse riglyne. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.685-700. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a17.

'n Oplossingsgerigte benadering word voorgestel as moontlike bydrae om die maatskaplike probleem van vaderafwesigheid in Suid-Afrika te probeer bekamp. Gebroke gesinne is een van die grootste oorsake en gevolge wat lei tot die verhoogde kwesbaarheid van kinders. Kinders in nood, veral as hulle in sorg geplaas word, maak deel uit van 'n uiters kwesbare groep persone wat nie genoegsame ondersteuning kry nie. Artikel 150 van die Kinderwet bepaal juis dat 'n kind die sorg, beskerming en ondersteuning van beide ouers benodig, anders openbaar die kind gedrag wat nie beheer kan word nie en kan sy of haar fisieke, geestelike en maatskaplike welsyn ernstig hierdeur benadeel word. Daarom is dit kritiek belangrik om te verstaan dat die afwesigheid van ʼn ouer binne ʼn gesinstelsel ʼn vakuum in die ouerskaprol veroorsaak, ʼn negatiewe invloed op die gesin het en veral kwesbare kinders se vermoë om doeltreffend te funksioneer nadelig beïnvloed. In Suid-Afrika is die uitdaging van vaderafwesigheid 'n maatskaplike probleem wat in die meeste gemeenskappe voorkom. Die belangrikheid van vaderskap in die samelewing word egter dikwels nie belangrik geag nie. Daarom is dit geensins verbasend dat die afwesigheid van 'n vader in 'n gesin ʼn toenemende verskynsel en neiging in baie gemeenskappe is nie, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.

Palabras clave : Bybelse riglyne; families; vaderafwesigheid; vaderbetrokkenheid; vaderteenwoordigheid; rol; Suid-Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons