SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4Swartskaap: Odette Schoeman índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.59 no.4 Pretoria dic. 2019

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a20 

GEDIGTE   POEMS

 

Eerste kouefronte na 80: Stygende waters 1 Julie 2018

 

 

'n Voetbalspannetjie in Thailand het in grotte ingegaan en verdwaal, maar kon nie meer uitkom nie omdat die water te hoog gestyg het. Hulle is baie dae later deur duikers op 18 Julie 2018 gered.

Dertien Thaise jongmense vasgekeer in grotte

skuil veilig teen die stygende water op 'n rots

en hoop op komende redding, maar die waters

van tyd wat loop, styg ongenaakbaar na my lippe.

Tyd vlieg

Volgens die kosmologie rek tyd in die kosmos en versnel al vinniger tot by die spoed van lig, waar dit stop en tydloos raak.

Gideon Joubert

Ons lewensduur is slegs 'n gedagte.

Vir oues spoed tyd die vinnigste

afdraand, om te stop by ligsnelheid;

dan is daar, meen die fisikus, tydloosheid.

Pyn

Werk, geld, vriende, vrou, verdwyn

wanneer jy swig onder pyn.

Die ouderdom wat knaag, tot

jy soos aftreegeld wegkwyn.

Ou man

Ik riep: is er iets triesters dan de dood

Het klonk: de ouderdom, de ouderdom

J.H. Leopold

Meer en meer vervorm ek tot kreupelhout.

Werwel, been, kraak en buig knakkende krom;

knoppieswortel-siek word ek knopperig oud.

Vrybuiters loop 'n bloutjie - grysheid is nie dom.

(Nou 'n paar gedigte oor die goeie ervaring van die ouderdom.)

Rooidag van hoop

Elke keer as die rooidag van hoop breek oor my lewe

sal ek doen wat ek kan al sou my hande bewe.

Die oes van my lewenswerk pak ek in 'n mied met gerwe;

elke dag sal ek weer dankbaar lewe en hoopvol sterwe.

Lewensvreugde

Dou-voor-dag sing die voëltjies hul lewensvreugde

soos die klanke van kerkgangers se lofliedere;

terwyl ek nog kan sien en dink en voel en hoor

sing my hart my lewensvreugde saam met hulle koor.

 

Hennie Pieterse

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons