SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Plume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KEURIS, Marisa. 'n Herbesoek aan NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.463-476. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a14.

In die annale van die Afrikaanse teatergeskiedenis beklee NP van Wyk Louw se historiese feesdrama, Die pluimsaad waai ver, of Bitter begin, wat as opdragwerk vir die Republiekfees in 1966 geskryf is, 'n besondere plek. Dié wat vertroud is met die werk en die geskiedenis daarom ken, is ook vertroud met die polemiese resepsie van hierdie werk kort ná die openingsopvoering op 25 Mei 1966 in Die Kleinteater (Pretoria) en die kritiek van die destydse Eerste Minister, dr. Hendrik Verwoerd, op Louw se uitbeelding in hierdie drama van die Afrikaner en die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog. In die dekades daarna het verdere polemieke rondom Louw ontstaan wat ook betrekking het op hierdie drama (onder andere die kritiek van Gerrit Olivier [1992] en Luc Renders [2002]). Teen die agtergrond van hierdie polemieke probeer ek om met ander fokuspunte iets nuuts te bring na die gesprek wat reeds in 1966 'n aanvang geneem het oor hierdie drama en waaroor gesprek na meer as vyftig jaar nog steeds moontlik is. Daar is drie aspekte wat uitstaan by 'n herbesoek aan NP van Wyk Louw se Die pluimsaad: eerstens die veelfasettigheid van die resepsie van ikoniese werke soos hierdie een binne 'n bepaalde teatertradisie, tweedens die verhouding tussen geskiedenis en die dramatiese uitbeelding/voorstelling daarvan in 'n teaterstuk, en derdens die drama se verbintenis met die tradisionele historiese geleentheidsdrama in Afrikaans.

Palabras clave : NP van Wyk Louw; Die Pluimsaad waai ver; of Bitter begin; Afrikanernasionalisme; teaterresepsie; historiese drama; geleentheidsdrama.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons