SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Analysing the contributory role of the accounting profession to save our planetEnvironmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LOTRIET, Ra  y  KOKOTWANE DLTSHEGO, K. 'n Assessering van die persepsies oor digitale transformasie by 'n Suid-Afrikaanse handelsbank - 'n geval van Antropogeen-ontkenning vir die ekonomie?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.687-707. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a8.

Die Suid-Afrikaanse bankbedryf is goed ontwikkel in vergelyking met ander geïndustrialiseerde lande. Die bankbedryf is egter onder druk weens redes soos verbruikers se eise vir meer naatlose bankervarings en die ekosisteembegrip van markte. Hierdie druk vind grootliks plaas vanweë die digitale transformasie wat op kommersiële instellings soos deposisionemende bankinstellings afgedwing word ten einde te oorleef en op die lang termyn volhoubaar te wees. Digitale transformasie word binne die konteks van die Vierde Nywerheidsrewolusie oor die algemeen beskou as die antwoord op die markuitdagings van bankinstellings. Kern digitale transformasiepraktyke soos leierskap, digitale neigings, digitale transformasievaardighede, digitale strategieë, die implementering van digitale tegnologie en kliënt-sentriese benaderings word gesien as invloedryk ten opsigte van die sogenaamde digitale volwassenheidsvlakke van bedrywe. Die dominante kommersiële banke in Suid-Afrika beleef die digitale ontwrigting op verskeie maniere en fokus daarop om besigheidsmodelle te wysig vanaf hoofsaaklik produksentries tot meer kliëntgesentreerd van aard. Hierdie navorsing fokus op die vasstelling van die wyses waarop digitale volwassenheid die Suid-Afrikaanse bankbedryf beïnvloed. Die navorsing fokus derhalwe op een van die groot kommersiële banke in Suid-Afrika as 'n verwysingsraamwerk/gevallestudie. Die deelnemers in die bedryf wat betrokke was in die navorsingsprojek is versoek om die spesifieke bank se digitale volwassenheidsvlak te bepaal onder die verskillende opsies wat gebruik word in die navorsing. Die resultate van die studie dui aan dat die meerderheid van die respondente die bank as ontwikkelend sien in terme van digitale volwassenheid. Statistiese tegnieke is gebruik om die verhouding tussen die kernfaktore van digitale volwassenheid en digitale transformasie vas te stel. 'n Regressie-analise is voorts gebruik om te bepaal watter verhouding daar tussen digitale volwassenheidsvlakke en die geïdentifiseerde kernfaktore is. Die navorsingsresultate toon aan dat 'n sekere verhouding wel bevestig kon word tussen digitale volwassenheid en die geïdentifiseerde kernfaktore. In die besonder het die studie getoon dat 'n onderling gekoppelde stel digitale transformasiekernfaktore die konteks van digitale volwassenheid beïnvloed.

Palabras clave : digitale volwassenheid; digitale transformasie; digitale rewolusie; die Vierde Nywerheidsomwenteling; groot data; kettingblok; tegnologie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons