SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issuesWhat does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament poses índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    JORDAAN, GJC. Die bronteks vir die 2020-vertaling van die Nuwe Testament. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.945-958. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a6.

    Die Loodskomitee van die Bybelgenootskap het voor die aanvang van werk aan die Afrikaanse vertaling van 2020 besluit dat die vierde hersiene uitgawe van die Wereldbond van Bybelgenootskappe (WBG) se Greek New Testament (UBS4) van 1994 as bronteks vir die vertaling van die Nuwe Testament sal dien. Die Loodskomitee het ook 'n aantal riglyne en aanbevelings opgestel vir die praktiese implementering van die besluit. Die riglyne en aanbevelings handel hoofsaaklik oor die manier waarop die vertalers variante lesings wat in die tekskritiese apparaat van die UBS4-uitgawe aangedui word, moet hanteer. Die belangrikste hiervan is dat die vertalers A- en B-gegradeerde lesings behoort te volg, en slegs met goeie motivering van C- en D-gegradeerde lesings sal afwyk. Gedeeltes in die teks in die UBS4-uitgawe tussen blok- of dubbelhakies word in die vertaling behou, met gepaste voetnote daarby. Voetnote waarin die vertalers tekskritiese inligting voorsien, moet so geformuleer word dat dit nie vir lesers verwarrend en misleidend sal wees nie. In hierdie artikel word die eindproduk van die vertaalwerk, soos dit in die finale proefvertaling op die Bybelgenootskap se webwerf aangebied word, geweeg aan die Loodskomitee se besluite en aanbevelings. Die uiteindelike bevinding is dat die vertalers getrou aan die voorskrifte en aanbevelings gehou het en op 'n sinvolle manier daaraan uitvoering gegee het.

    Palabras clave : 2020-vertaling; Afrikaanse Bybelvertaling; Bybelgenootskap van Suid-Afrika; bronteks van vertaling; Griekse bronteks vir Nuwe Testament; voorskrifte vir vertalers; aanbevelings vir vertalers; teksvariante; voetnote in Bybelvertaling; ontvanklikheid vir Bybellesers.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )