SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 2The vulnerability of children in the context of South African households and families índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN DEN BERG, Cilliers. (Die) utopie(se) en (ander)wording in Neill Blomkamp se wetenskapsfiksie-trilogie: District 9 (2009), Elysium (2013) en Chappie (2015). Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1164-1186. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a4.

    Hierdie artikel stel ondersoek in na die wyses waarop die konsep van utopie en/of die utopiese met 'n Deleuziaanse konsep van wording en/of anderswording in verband gebring kan word. Aangesien 'n tematisering van utopie, of alternatiewelik 'n problematisering van hierdie begrip, dikwels in die wetenskapsfiksie-genre vergestalt word, word vir die doeleindes van dié ondersoek die wetenskapsfiksie-trilogie van regisseur Neill Blomkamp bespreek. Op verhaalvlak is daar in District 9, Elysium en Chappie telkens voorbeelde van wording of anderswording, wat elk in terme van 'n utopiese horison geïnterpreteer kan word. Hoewel die protagonis van District 9 anders word, is die utopie waarop Wikus wag 'n terugskouende en statiese restourasie van die verlede. En hoewel Max in Elysium betreklik min verander, realiseer hy deur middel van sy lewensoffer 'n oënskynlike utopie vir almal, wat by nabetragting egter insgelyks 'n statiese opvatting van utopie verraai - 'n wêreld wat die distopiese saad reeds in sy kern dra. Chappie skyn die enigste film van die trilogie te wees om Deleuze se idee van wording met utopie as die dinamiese utopiese in verband te bring.

    Palabras clave : utopie; utopiese; wording; ander(s)wording; Deleuze; Jameson; Blomkamp; wetenskapsfiksie; District 9; Elysium; Chappie.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )