SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    BOTHA, Christo  y  NEL, Werner. Die rol van godsdienstige identiteit in die bepaling van die "vervolgingsmodus" vir misdade teen die mensdom. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.128-154. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a9.

    'n Persoon se identiteit bestaan uit veelvuldige "identifiseerders", insluitende godsdiens. Hierdie godsdiens georiënteerde identiteit ("godsdienstige identiteit") moet geïnterpreteer word teen die agtergrond van die reg op vryheid van "gewete, godsdiens, denke en oortuiging". Oor die algemeen is "godsdienstige identiteit" verwant aan die afgeleide effek van 'n persoon se bepaalde eksistensiële oortuiging wat sy/haar innerlike bewussyn en diep eksistensiële identiteit uitmaak, asook sy/haar begrip van die lewe vorm. As 'n beskermde aspek van menslike identiteit, sal ernstige diskriminierende maatreëls op grond van godsdienstige identiteit neerkom op die skending van grondliggende menseregte. Dit kan ook tot gevolg hê dat die vervolger individuele strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen vir godsdiensgebaseerde vervolging as 'n misdaad teen die mensdom. Om sodanige vervolgingsmodus te bepaal, word vereis dat die vervolgde se godsdienstige identiteit die primêre diskriminerende grondslag is waarop die vervolger sodanige slagoffer teiken. Dus, om 'n situasie as godsdiensgebaseerde vervolging te klassifiseer, vereis 'n begrip van die vervolgde se godsdienstige identiteit en hoe dit verband hou met die vervolger se diskriminerende opset. 'n Bepaling van die rol van godsdienstige identiteit in 'n gegewe situasie is dus noodsaaklik om die vervolgingsmodus te bepaal.

    Palabras clave : internasionale strafreg; godsdiensvryheidsregte; internasionale strafhof; vervolgingsmodusse; godsdiensgebaseerde vervolging as 'n misdaad teen die mensdom ("godsdiensgebaseerde vervolgingsvergrype"); godsdienstige identiteit; godsdiensgerigte diskriminasie.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )