SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1The Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    STRAUSS, Piet. Kerk en reg in die Nederduitse Gereformeerde Kerkorde van 2015. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.229-245. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a14.

    Johannes Calvyn en die gereformeerdes aanvaar nie Sohm se stelling in 1892 dat die kerk geestelik en die reg wérelds is nie. Wat hulle betref, het God die wêreld as 'n eenheid in 'n verskeidenheid geskape met geen spanning tussen enige kante daarvan nie. Boonop funksioneer elke aksie van die kerk as 'n geloofsverband onder leiding van die geloof in alle aspekte van die werklikheid. Die samehang tussen die kern van hierdie aspekte lé beginsels vir so 'n geloofsaksie bloot: 'n geloofsaksie wat ook 'n regskant het. Die Kerkorde van 2015 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan NGKO-2015) vertoon regskante by die ampte, vergaderings, arbeid, tug en betrekkinge van die kerk na buite - die temas van die hoofstukke van hierdie Kerkorde. Sodanige gegewe illustreer die samehang tussen kerk en reg. Daarby noodsaak hierdie samehang die aanvaarding deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan NG Kerk) van die regsordes van die state - onder meer die Republiek van Suid-Afrika - waarbinne hy bestaan.

    Palabras clave : God vereis orde; Bybel gee beginsels; skepping 'n eenheid in verskei-denheid; elke daad het 'n regskant; reëls van natuurlike geregtigheid geld in tugsake.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )