SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WOLHUTER, Charl. Die opstuwende geesteswetenskappe-inskrywings aan Hoëronderwysinstellings wêreldwyd. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.367-382. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a21.

Hierdie artikel bied 'n bestekopname en kritiese, sinsoekende bevraging van die geesteswetenskappe as 'n kollektief aan universiteite en binne die samelewing van die een-en-twintigste eeu. Nadat universiteite vir baie lank op die rand van die samelewing was, het die universiteit as instelling na die middelpunt beweeg sedert die middel van die twintigste eeu, en meer so sedert die aanbreek van die wêreldwye hoëronderwysrevolusie vanaf ongeveer 1990. Deel van die massifikasie wat die hoofkenmerk van hierdie revolusie is, is die toename in geesteswetenskappe-inskrywings. In die lig van die eise wat die huidige eeu se ontvouende samelewing aan hoër onderwys stel, is hierdie tendens te verwelkom. Die grootste leemte is dat daar geen dienooreenkomstige navorsingsaktiwiteit is om hierdie studentekorps of hul dosente te begelei tot die beste onderwys en onderwysstelselpraktyk nie. In die slotgedeelte van hierdie artikel word enkele aanbevelings vir die agenda van so 'n navorsingsprojek gemaak.

Palabras clave : demokratisering; geesteswetenskappe; hoër onderwys as navorsings-veld; hoëronderwysinskrywingsgetalle; individuele opbrengskoerse; internasionale hoëronderwysrevolusie; maatskaplike opbrengskoerse; samelewingskritiek; sosiale wetenskappe; universiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons