SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número3General CF Beyers: His world view as reflected in his public statementsSubstantive policy implementation and the erosion of voter trust as factors in the consolidation of the South African democracy índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SNYMAN, SD (Fanie). Die Ou Testament as verhoudingsboek: Nagedink oor die waarde van die Ou Testament. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.655-669. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a2.

Die publikasie van twee verskillende uitgawes van die Bybel in Afrikaans is 'n resente aanduiding van die kontroversiële posisie van die Ou Testament in die Bybel. Onderliggend aan die aandrang op 'n afsonderlike uitgawe van die Bybel in Afrikaans is die oortuiging dat die waarde van die Ou Testament eintlik lê in die heenwysings, voorspellings, sinspelings en profesieë wat dit bevat ten opsigte van Jesus Christus. Vervolgens die probleemstelling wat in hierdie bydrae ondersoek gaan word: Wat is die waarde van die Ou Testament as deel van die kanon van die Christelike kerk? Die binêre teenoorstelling van begrippe (wet: evangelie; belofte: vervulling; kontinuïteit: diskontinuïteit) om die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament te beskryf, deug nie meer om die verhouding effektief te beskryf nie. 'n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as 'n verhoudingsboek wat primêr handel oor God en mens wat in 'n verhouding met mekaar, ander en die skepping staan.

Palabras clave : hermeneutiek; verhouding tussen Ou en Nuwe Testament; kanon; Afrikaanse vertaling; wet; evangelie; belofte; vervulling kontinuïteit; diskontinuïteit; profesie; voorspelling; verhoudingsmatig.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons