Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
VAN NIEKERK, Angelique. Idiomatiese taalgebruik as 'n vorm van teiken-markbeelding in Afrikaanstalige advertensies: 'n Relevansieteorie-ondersoek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.987-1019. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a3.
Die ondersoek na idiome, uitdrukkings en spreekwoorde as drie tipes meerwoordige leksikale items (MLI) bou voort op die beskrywende ondersoek van Bosman (2000a, 2000b, 2000c) oor MLI's. Die veelvuldige gebruik, verdraaiing en aanpassing van MLI's in gesproke taal blyk ook neerslag te vind in gedrukte advertensiekommunikasie. Die analise van die MLI's in advertensies wat in 2019 en 2020 op die Pendoring-reklamekompetisie se webblad verskyn het, is vir bepaalde patroonmatighede ondersoek. Aan die hand van die relevansieteorie (Wilson & Sperber, 2004) se onderskeid tussen kognitiewe poging (effort) aan die een kant en kognitiewe effek (effect) aan die ander kant is 'n analiseraamwerk opgestel vir die ontleding van alle advertensies in die datastel wat 'n MLI ingesluit het. In terme van letterlikheid (literality) het vier tematiese kategorieë duidelik geblyk. Die analiseraamwerk het ook getoon dat die MLI's konsekwent meer oor die bedoelde teikenmark gekommunikeer het as wat daar iets oor die handelsmerk gekommunikeer is. Die gebruik van MLI's blyk dus mee te werk tot marksegmentering. Daar word 'n opgaaf gebied van die beskrywing (tekening) van die teikenmark, aldus die MLI's wat in 2019 en 2020 in die Pendoring-advertensies ingesluit is.
Palabras clave : Meerwoordige leksikale item (MLI); spreekwoorde; idiome; vaste uitdrukking; relevansieteorie; advertensietaal; kognitiewe effek.