Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.62 no.3 Pretoria sep. 2022
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a13
GEDIGTE
Die Wysheid
Ek is 'n wye spesialis
'n kenner van elk' tipe nis
met wysheid op die hoogste vlak
van elke fakulteit en vak
My soekenjin staan altyd reg
(niks meer nie as 'n duimdruk weg)
om my te leer van dit en dat
van oorlog, entstof, en nog wat
Ook wysheid het ek gou bekom:
My slimfoon ken die volle som!
Ek weet nou meer oor elke saak
as proffies wat 'n lewe maak
van dink en vra en publiseer
Dalk moet hul maar by my kom leer?
Paul Maritz
E-pos: pjmaritz@gmail.com