SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número4Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, Martie. Die migrasie en verspreiding van aansteeklike siektes: Vanaf die oorsprong van Homo sapiens tot en met die Antroposeen. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.647-661. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a2.

Migrasie speel 'n groot rol in die verspreiding van aansteeklike siektes. Tydens migrasie word die patogene van die siektes saam met die mens gedra en só na voorheen onbesmette groepe oorgedra. Selfs so lank gelede as die Uit-Afrika-migrasie het die mens twee welbekende patogene saamgedra en na die res van die wêreld versprei. Daar kan talle redes wees vir migrasie. Dit gebeur óf beplan óf spontaan. Indien migrasie deur natuurrampe, konflik, trekarbeid, slawerny of kolonisasie veroorsaak word, mag dit nadelig vir die gesondheid van migrante wees. Dit kan ook hulle vatbaarheid vir siektes verhoog, wat die verspreiding van siektes aanhelp. Reis as 'n tipe migrasie het gemaak dat die wêreld se bevolking hoogs gekonnekteer is, en dit bevorder vinnige verspreiding van siektes oor die wêreld heen. Voorbeelde van siektes wat deur migrasie versprei is, sluit in tuberkulose, Helicobacter pylorimaagsiektes, pokke, die verworwe immuniteitsgebreksindroomvirus, die Midde-Oosterse koronavirus en koronavirus tipe 1 en 2. Tydens die Holoseen het antopogeniese impakte 'n wanbalans in ekosisteme veroorsaak wat die Antroposeen ingelui het. Tydens die Neolitikum is diere gedomestiseer en sodoende is mikro-organismes van die diere na die mens oorgedra en sommige mikro-organismes, veral virusse, het siektes in mense veroorsaak, wat soönotiese siektes genoem word. In die toekoms gaan siektebeheer al hoe meer natuurbewaring insluit. Aangesien migrasie so 'n belangrike rol in die oordrag van siektes speel, gaan dit in die toekoms verpligtend word om situasies waar siektes, wat deur migrasie versprei word, deurlopend te moniteer om rampbeheerplanne betyds te implementeer. Dit is moeilik om sulke situasies te voorsien. Twee baie goeie voorbeelde hiervan is eerstens die konflik in Oekraïne sedert Maart 2022 met die inval van Rusland, en tweedens, die grootskaalse skade aan huise en infrastruktuur wat deur die die swaar reën in April 2022 in die KwaZulu-Natal Provinsie van Suid-Afrika plaasgevind het. In beide gevalle het groot getalle mense gevlug om die konflik of ramp te ontkom, en dit het mense meer vatbaar gemaak vir die oordrag van aansteeklike siektes. Rampbeheerplanne moet veral voorsiening maak vir die beskerming van die gesondheid van migrante en plaaslike gemeenskappe om die verspreiding van siektes uit te skakel.

Palabras clave : Antroposeen; aansteeklike siektes; migrasie; tuberkulose; MIV/VIGS; koronavirusse; inter-spesies; pokke; UitAfrika-migrasie; Oekraïne; KwaZulu-Natal; soönoses.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons