SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número4Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different?The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issues índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DIEDERICKS, Morné. Die invloed van denklyne van die Duitse universiteitsmodel op hedendaagse kwessies binne die universiteitswese. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.680-691. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a4.

Teen die einde van die 18de eeu was die universiteitsmodel van Europa grootliks geskoei op dié van die laat Middeleeue (die 15de eeu), hoewel die Franse Rewolusie en die uitvloeisel daarvan tydens die bewind van Napoleon wel 'n noemenswaardige effek op die universiteitswese gehad het. Daar het egter in die 19de eeu 'n ommekeer plaasgevind. Teen die 1850's was daar 98 universiteite in Europa, en net voor die begin van die Tweede Wereldoorlog was daar ongeveer 200 universiteite. Gesien in die lig van die Middeleeue se ryk universiteitswesegeskiedenis, was die 19de eeu 'n tyd waarin groot omwenteling met betrekking tot universiteite plaasgevind het. Die Duitse universiteitsmodel het grootliks tot die ommekeer van universiteite se groei bygedra. Die Duitse universiteitsmodel het egter nie net 'n omwenteling veroorsaak in studentegetalle nie, maar ook sommige denklyne binne die universiteitsontwikkeling oopgemaak wat vandag steeds net so relevant is binne die gesprek oor die universiteitswese. Vryheid was die onderliggende konsep van die Duitse universiteitsmodel. Tog was dit die belangrikheid wat die universiteit aan navorsing geheg het wat 'n blywende invloed op die universiteitswese gehad het. Hierdie studie verskaf filosofiese en historiese agtergrond tot huidige besprekings oor aspekte soos die universiteit-staat-verhouding, die rol van professore, eise aan studente en die fragmentering van die kurrikulum deur na die ontwikkeling van die klassieke Duitse universiteitsmodel te kyk.

Palabras clave : Bildung; Duitse universiteitsmodel; Franse universiteitsmodel; Friedrich Schleiermacher; navorsingsuniversiteit; en Wilhelm von Humboldt.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons